Party hof toe oor inwoners se buitensporige waterrekeninge

Die stad Kaapstad sal in die Wes-Kaapse hooggeregshof moet verduidelik waarom inwoners buitensporige waterrekeninge kry.


Die stad Kaapstad sal in die Wes-Kaapse hooggeregshof moet verduidelik waarom inwoners buitensporige waterrekeninge kry.

Só sê proporsionele ANC-raadslid, Fiona Abrahams, nadat haar party die stad Woensdag 12 September hof toe gesleep het.

Volgens Abrahams moet die Stad teen 18 September besluit of hy die saak gaan teenstaan en indien wel sal die saak teen 9 Oktober aangehoor word. Abrahams sê haar kantoor in Atlantis was oorval met navrae oor inwoners se waterrekeninge en het sy regsadvies ingewin. Dit was duidelik dat die probleem nie net in Atlantis plaasvind nie, maar oor die hele Kaapse Metro.

Sy sê voorts vyf mense met die hoogste rekeninge is as klaers geïdentifiseer en twee van die klaers is van Atlantis. Volgens Coellette Matthyse en Jenuen Hector van Saxonsea het hulle net bietjie meer as ’n jaar gelede hul huis gekoop en het tussen R200 en R400 per maand betaal totdat hulle opgemerk het die meter lek en dit aangemeld.

n Nuwe watermeter is geïnstalleer, maar volgens Matthyse het hulle nuwe meter baie probleme veroor­saak en is dit telkemale aangemeld by die stadsamptenare sonder enige samewerking, terwyl hul rekening die hoogte ingeskiet het. Hulle skuld nou die stad R14 000.

You need to be Logged In to leave a comment.