Mamre-rugbyklub en Young Hearts van Pella sal voortaan in die Boland-grootuitdaagliga meeding.

Hierdie beslissing is 15 November deur Boland-rugbyunie goedgekeur by sy jaarvergadering.

Ander spanne wat ook in die nuutgevormde Weskusliga gaan meeding, is Saldanha, St. Helenabaai, Vredenburg, Langebaan, Velddrif, Paternoster en Hopefield.

By die vergadering is daar ook beslis dat alle klubs ook drie spanne in die veld moet stoot om vervoerkoste te bespaar en ’n dubbelprogramwedstryde sal gespeel word.

Dit sal vir seker sorg vir groot rugbyvermaak wanneer bure, Mamre en Pella, mekaar gaan pak. Ruben Abels se Pellaspan het die afgelope twee seisoene tot die topvier van die streekuitdaagliga gevorder en sal weliswaar wil bewys dat hy ’n krag sal wees om met Mamre af te reken. Mamre op sy beurt, het nie te waffers gevaar hierdie seisoen nie, maar hy is ’n jeugdige span wat baie karakter toon. Mamre kan enige span oorrompel wanneer die spelers opwindende rugby speel. Albei spanne sal moontlik ook versterk word met nuwe spelers. Die twee topspanne sal na Boland-rugbyunie se top-12-kompetisie deurdring aangesien daar ses streke is.
. Hamlets-rugbyklub, wat in die topvier van die Westelike Provinsie se Super Liga B geëindig het, sal weer in dié liga meeding terwyl Atlantis-rugbyklub, wat heelwat beter gevaar het die afgelope seisoen weer in die streeksliga in Westelike Provinsie gaan speel.

You need to be Logged In to leave a comment.