Pella slaag toets

Die Young Hearts-rugbyklub het Saterdag wel met 5-10 op sy tuis­veld teen Abbotsdale vasgeval, maar het die toets geslaag.


Die Young Hearts-rugbyklub het Saterdag wel met 5-10 op sy tuis­veld teen Abbotsdale vasgeval, maar het die toets geslaag.

Dit was die tuisspan se eerste vriendskaplike wedstryd teen ’n span wat lank in die Boland se topliga speel waar Pella ook die seisoen in aksie sal wees.

Die begeesterde Pellaspan het baie goeie rekenskap van homself gegee en het ook ’n duidelike bood­skap uitgestuur dat die spe­lers beslis ’n harde neut is om te kraak.

Die tuisspan, met sy rotsvaste verdediging, het die besoekers geen ruimte gegee op die aanval nie.

Pella se verdediging het egter kort voor rustyd geknak en die be­soekers kon gaan water drink met 5-0 voor. Pella wat die meeste ge­biedsvoordeel geniet het, kan hom­self skuld gee, want sy gevaar­like agterlyn het meer as genoeg kanse geskep wat eenvoudig nie gebruik is nie.

Abbotsdale wat by tye onder ge­weldige druk in sy doelgebied was, het egter kop gehou om die tuisspan punte te verhoed.

Pella het die tweede helfte goed begin en het in die eerste 10 mi­nu­te die telling gelykop gemaak.

Pella het daarna een aanval na die ander van stapel gestuur en het weer baljaar met gebiedsvoor­deel en balbesit. Die voorspelers het ook gesorg vir omgekeerde besit, maar besluitneming het die tuisspan duur gekos.

Die blitsige vleuel van Pella, Barry Adonis, het die besoekers na wind laat gryp met sy spoed en aftrap, maar kon nie die wedstryd vir sy span seël nie.

Die besoekers het egter kort voor die einde ’n dolk in die ondersteuners van die tuisspan se harte gedruk en het die wendrie gedruk.

You need to be Logged In to leave a comment.