Young Hearts van Pella het Saterdag 9 Junie sy onoorwonne rekord behou toe die span 32 elk gelykop teen St.Helenabaai op laasgenoemde se tuisveld gespeel het.
Pella wat soos in vorige wedstryde konsentrasie verloor was in ’n stadium gerieflik 24-7 voor, maar St. Helenabaai het die besoekers se foute in punte omskep.
Die tuisspan wat binne minute op die telbord was moes toesien hoe Pella daarna verwoed aanval en was gou gerieflik voor. Pella wat ietwat ongelukkig kan voel nadat ’n omstrede geelkaart die tuisspan bevoordeel het kan ook net hulself blameer omdat rugby na 80 minute gewen word.
Die vorige week het Young Hearts (Saterdag 2 Junie) ook geseëvier teen Vredenburg met 29-23 op sy tuisveld.
Die span het vyf bonuspunt-oorwinnings agtereenvolgend behaal.
Pella, wat steeds die pas op die punteleer aangee, het die besoekers met sy groot voorspelers behoorlik in sy spore gestuit en die venynige agterspelers was goed deur die tuisspan dopgehou. Pella het eerste punte aangeteken toe sy voorspelers met ’n goeie rolmaalbeweging oor die besoekers se doellyn geval het.
Vredenburg het die tuisspan se tweede drie op ’n skinkbord vir die hom gegee toe hy nie die bal kon beheer nie.
Pella het dié fout uitgebuit om welverdiend met 12-3 voor te loop.
Die besoekers, wat net homself kan blameer, het egter daarna behoorlik in die tuisspan se kwartgebied geboer, maar rotsvaste verdediging het die besoekers verhoed om punte aan te teken.
Vredenburg het die een aanval op die ander van stapel gestuur en het danksy ’n skitterende agterlynbeweging gaan druk om binne afstand van die tuisspan te kom.
Pella se bonuspunt is reeds in die eerste helfte verseker toe Barry Adonis in die hoekie oorgeduik het.
Die spanne het gaan water drink met Pella 24-13 voor.
Vredenburg het die tweede helfte goed begin en was in ’n stadium binne trefafstand van ’n oorwinning, maar die tuisspan het geweier om bes te gee.
. Mamre het Saterdag sy sesde agtereenvolgende nederlaag gely toe Saldanha hom met 52-9 geklop het.
. Hamlets het Saterdag sy tweede oorwinning behaal toe hy Helderberg met 21-18 op Robinvale-skoolveld geklop het. Die span het in sy eerste wedstryd Hands and Hearts met 41-17 geklop.
Die span reis eerskomende Saterdag na Franschoek.
. Pella pak die Saterdag sy buurspan Mamre in ’n klassieke derby in Pella.