Polisie behaal sukses in feestyd

Rowers, skieters en ander misdadigers was die feestyd baie bedrywig en het misdaadsyfers laat toeneem.


Rowers, skieters en ander misdadigers was die feestyd baie bedrywig en het misdaadsyfers laat toeneem.

Só verduidelik kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder.

Volgens Munro was die meeste van die skietvoorvalle bendeverwant terwyl dwelms en alkohol by die meeste aanrandings betrokke was. Sy verduidelik dit is kommerwekkend dat misdadigers ’n uittartende houding het – amper asof die tronk hulle nie afskrik nie. Volgens die polisiewoordvoerder het inbrake en diefstal uit motorvoertuie ook in die feestyd gestyg. Sy sê die meeste van die oortreders was bendelede en dwelmverslaafdes.

“Ons het ook baie mense as voorsorgmaatreël vir meer ernstige misdade in hegtenis neem en ongeveer 180 mense is vir besit van dwelms, 43 vir besit van gevaarlike wapens en 24 vir onwettige handel met drank aangekeer.”

Inwoners se vertroue in die polisie werp vrugte af, sê Munro, en die polisie het by ’n dwelmhuis in Castallisstraat in Proteapark op mandrax, ecstacy en dagga beslag gelê. Volgens Munro het lede van die misdaadvoorkomingseenheid op inligting gereageer en ook op ’n onbekende bedrag geld beslag gelê en ’n 25-jarige verdagte aangekeer. . Johane Maritz (22) van Hornbillstraat in Robinvale is Sondag in die pad doodgeskiet. Volgens Munro het die gemeenskap weer belangrike inligting verskaf en kon lede van die misdaadvoorkomingseenheid die moordwapen opspoor.

Volgens Munro was die vuurwapen onder ’n nabygeleë boom begrawe.

Niemand is nog aangekeer nie en die moord word nog ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.