Polisie tree onregverdig op teenoor shebeens

Ek het ’n shebeen in Atlantis en word gereeld deur die polisie geraid. Ek verstaan dat die polisie hul werk moet doen maar het die volgende kwelpunte; Die manier hoe daar met ons gepraat word is asof ons diere is, veral een spesifieke polisielid maak


Ek het ’n shebeen in Atlantis en word gereeld deur die polisie geraid. Ek verstaan dat die polisie hul werk moet doen maar het die volgende kwelpunte; Die manier hoe daar met ons gepraat word is asof ons diere is, veral een spesifieke polisielid maak hom gereeld skuldig aan krutaal teenoor ons vrouens en kinders. Ek het drie maande gelede ’n shebeen in Witsand geopen en het nog nooit besoek van die polisie daar gehad of gesien dat hulle enige shebeen daar raid nie. Witsand het meer misdaad as gevolg van shebeens, maar die polisie ignoreer dit, ’n voorbeeld daarvan is die baie moorde wat plaasvind nadat stryery by shebeens ontstaan. As ons met die polisie daaroor wil praat moet ons hoor ons moet nie vir hulle se hoe om hulle werk te doen nie. Dit is baie onregverdig dat Atlantis se shebeens die polisie se statistieke suksesvol moet laat lyk maar die werklike probleem is in Witsand. Die vraag is of Atlantis-polisie bang is vir die inwoners van Witsand? Ek wil ’n pleidooi doen aan die polisie om gerus ons daar ook te besoek, en moet asb nie sê van addresse nie want elke tweede huis is ’n shebeen in Witsand.

Shebeen Eienaar,

Atlantis

Kapt. Cyril Dicks, polisiewoordvoerder by die Atlantis-polisie reageer as volg: ’n Amptelike klagte kan teen lede gelê word wat onprofessioneel optree. Aantuiging dat die Atlantis polisie nie die shebeens in die Witsand area besoek nie, is onwaar. Nie net Atlantis se shebeens word besoek nie, maar ons hele area wat Witsand, Atlantis, Mamre en Pella insluit.

You need to be Logged In to leave a comment.