Polisiebrutaliteit moet dadelik stopgesit word

“Ek jaag ’n polisiebeampte persoonlik weg wat hom of haar aan polisie­bruta­liteit skuldig maak,” het lt.genl. Anneka Jordaan by ’n Imbizo 30 Mei in die Saxonsea skoolsaal aan inwoners gesê.


“Ek jaag ’n polisiebeampte persoonlik weg wat hom of haar aan polisie­bruta­liteit skuldig maak,” het lt.genl. Anneka Jordaan by ’n Imbizo 30 Mei in die Saxonsea skoolsaal aan inwoners gesê.

Ten spyte van die swak opkoms het die min mense hul kommer oor die polisie­brutaliteit in die dorp uitge­spreek. Jordaan het sterk uitgevaar teen beamptes wat hulle skuldig maak en het die stasiekommissaris beveel om na die inwoners se klagtes te luister en teen die betrokke beamptes op te tree. Volgens die inwoners is die polisie ook minagtend teenoor die publiek en weet nie hoe om met die gemeenskapslede te praat nie. Volgens Mishka Ganief van die Atlantis Concerned Residents-groep is daar baie goeie beamptes, maar die beamptes wat net vir ’n salaris werk, gee die ander ’n slegte naam. “Inwoners van Atlantis het die afgelope tyd be­hoor­lik gal op sosiale media oor die polisie se swak diens gebraak, maar vanaand is hulle nie hier om dit in die polisie se gesig te sê nie,” het een inwo­ner aan Weskus Nuus gesê.

“Hier moes meer as 500 mense gesit het, maar hier is minder as 30 mense wat opgedaag het, maar almal kla op Facebook.”

Die vergadering wat 31 Mei in Mamre gehou is, het meer mense gelok en die inwoners is dit eens dat polisiebruta­liteit aan die orde van die dag is.

Die inwoners van Mamre het ’n pleidooi gelewer dat die polisie strenger teen dwelmhuise moet optree, want dinge ruk handuit.

Kol. Michael Ledimo, stasiekom­missaris het die gemeenskap verseker dat die polisie streng teen dwelmhuise gaan optree en hulle gevra om enige misdaadverwante optrede by 082 411 4061 aan te meld

You need to be Logged In to leave a comment.