Polisieman aangekla na k-woord

’n Polisieman van Atlantis verskyn binnekort in die hof na hy iemand glo die k-woord toegesnou het.


’n Polisieman van Atlantis verskyn binnekort in die hof na hy iemand glo die k-woord toegesnou het.

Alicia May (29), van Pella, vertel sy het by familie in Atlantis gekuier toe die polisieman, wat van diens af was, ook daar opdaag.

“Hy het my uit die bloute gevra of ek van Zimbabwe is, ek’t gedink dis ’n grap en vra hom met wie hy praat, waarop hy geantwoord het: wat sê die k**r.”

May vertel sy was in haar lewe nog nooit so verneder nie en het voor hom gaan staan en gevra wat hy nou gesê het. “Hy het met trots sy woorde herhaal. Ek kon my ore nie glo nie, dat ’n wetstoepasser sulke goed kon kwytraak en het hom gekonfronteer, maar hy het my aanhoudend as ’n k**r toegesnou,” vertel sy.

May het ’n klag van crimen injuria by die Atlantis-polisie gelê. “Niemand by die polisiestasie wou my aanvank-lik help toe ek die Woensdag ’n klag by die polisiestasie wou aanhangig maak nie. Ek het die Donderdag teruggegaan en ’n klag-saak is geopen,” sê May.

Die betrokke polisiebeampte het glo verskoning gevra, maar May sê dit het eers gekom nadat sy ’n klag teen hom gelê het. Kapt. Cyril Dicks, Atlantis-polisiewoordvoerder, het die klagte teen die polisiebeampte bevestig.

You need to be Logged In to leave a comment.