Rudi Meyer van Atlantis is eersdaags op pad na Engeland, waar hy aan die Europa en Afrika 8 bal–potspel-kampioenskappe sal deelneem.
Hy is reeds 15 jaar betrokke by potspel en is die afgelope drie jaar kaptein van die senior span en kaptein van die ope span.
In April is hy tot lid van die Suid-Afrikaanse span verkies wat van 12-18 Februarie in Engeland gaan deelneem, maar Meyer meen sy uitnemende prestasies by die nasionale kampioenskap in Secunda gedurende Oktober, het sy plek in dié span verseker.
“Dit is vir my ’n voorreg om gekies te word om aan so groot toernooi deel te neem. Ek bedank ook graag die volgende ondernemings wat my deurlopend geborg het: Shah Zah, Nuclear Packaging en Cibapac,” sê Meyer.
Meyer neem elke Vrydag- en Sondagaande deel aan kompetisies en dis waar hy sy oefening inkry. Sy doel vir die toekoms is om ’n potspelakademie vir leerders in Atlantis te open.
- Hoewel PoolSA die verblyf, vlugte en die uitrusting betaal, is al die addisionele koste vir Meyer se eie sak. Enige persoon of onderneming wat hom wil borg, word gevra om hom by 081 333 7579 te bel.