Premier-liga lewer groot opwinding op

Jomos Power het die afgelope naweek sy voorsprong oor Wesfleur in die plaaslike Sokker Premierliga met ’n 8-0- oorwinning oor Pella vergroot en daarmee ook sy onoorwonne rekord behou.


Jomos Power het die afgelope naweek sy voorsprong oor Wesfleur in die plaaslike Sokker Premierliga met ’n 8-0- oorwinning oor Pella vergroot en daarmee ook sy onoorwonne rekord behou.

Wesfleur het sy tweede posisie aan Leeds United afgestaan met sy 0-2-nederlaag teen Robinvale Spurs. Jomos, wat ná die eerste helfte van die seisoen die pas aangee, is nou ses punte voor sy naaste teenstaander. Leeds het ook ’n welverdiende 2-0-oorwinning oor Bayern behaal.

Aberdeen het met sy 3-2-oorwinning oor City sy kanse lewendig gehou en beklee tans die vyfde plek. Wesfleur en Aberdeen is in ’n titaniese stryd in die eerste liga gewikkel.

Die spanne word geskei met drie punte met FC Bayern wat in die laaste plek is. Wesfleur se junior o.8-span gee tans die pas in die liga aan, terwyl Arsenal en Jomos om glorie in die o.10-afdeling veg.

Robinvale en Leeds se o.12-spanne is tans in die gesamentlike eerste plek terwyl Jomos se o.14’s en o.19’s die liga oorheers. Wesfleur se o.16-span is ’n enkele punt voor Jomos.

You need to be Logged In to leave a comment.