Proteus Sekondêr het Saterdag 31 Augustus die 24ste derby tussen dié skool en Wesbank in Malmesbury gewen.
Die skool het byna in al die sportkodes skoonskip gemaak. Dié derby, wat volgende jaar sy 25ste bestaansjaar vier, sorg elke jaar vir opwindende spel tussen die twee skole. Die hoofrugbywedstryd tussen die twee o.19-spanne is deur Proteus met 13-7 gewen. Die skaakspan het ook met 2-1 gewen terwyl die sokker met een elk gelykop geëindig het.