Quaanitah Henning van Saxonsea is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Julie.
Dié gr. 7-leerder presteer in netbal, atletiek en ringbal.
Quaanitah het die Westelike Provinsie o.13-netbalspan vanjaar gehaal en aan die nasionale kampioenskap deelgeneem waar sy en haar span die bronsmedalje verower het. Sy is ook as die beste hulp-verdediger tydens dié toernooi aangewys.
Quaanitah het ook vroeër vanjaar tydens die atletiekseisoen haar provinsiale kleure in diskus- en spiesgooi verower.


