Raadslid verryk kwetsbares

Wyskraadslid Barbara Rass het Woens­dag 15 November ’n Vredes­funksie vir sowat 100 mense uit haar wyk by die Rebecca van Amsterdamsaal in Proteapark gehou.


Wyskraadslid Barbara Rass het Woens­dag 15 November ’n Vredes­funksie vir sowat 100 mense uit haar wyk by die Rebecca van Amsterdamsaal in Proteapark gehou.

Rass het inwoners wat alles in brande verloor het genooi en ook diegene wat spesiale projekte in die gemeenskap aanpak, sonder enige hulp van die Stad, byvoorbeeld tuinmakers en ook die Walking School Bus-vroue.

Die tema van die funksie was: ‘Caring Sharing and development Programmes for the vulnerable”.

Weskus Nuus-redakteur, Joline van der Merwe, was een van die gassprekers van die oggend.

Haar boodskap aan die gehoor was om vir hulleself om te gee.

“Weet jy is spesiaal en uniek en dat jy ’n gawe het om met die wêreld te deel. Vind uit wat jou gawe is en bemagtig jouself deur dit met andere te deel.”

Van der Merwe het verder gesê, jy het nie geld nodig om iets goed vir iemand anders te doen nie, jy kan jou tyd, vaardighede, ’n glimlag en selfs ’n drukkie met ander deel.

Die International Women’s Peace Group (IWPG) het ook ’n boodskap van vrede met die gehoor gedeel en verduidelik wat die vredesgroep behels. Nancy Roussopoulos van IWPG het inwoners gemaan om betrokke te raak by die inisiatief en het gesê Rass, as een van die organisasie se ambassadeurs, kan gekontak word vir nog inligting.

Rass het ook na afloop van die funksie ’n geskenkpak aan elkeen van die inwoners oorhandig om dankie te sê vir die verskil wat hulle in die gemeenskap maak.

You need to be Logged In to leave a comment.