Radiostasie maak sy hart oop

Die bestuur van Radio Atlantis in samewerking met Sha-Zah Roadhouse het Donderdag 11 April hul harte vir die leerders van Berzelia Primêr oopgemaak.


Die bestuur van Radio Atlantis in samewerking met Sha-Zah Roadhouse het Donderdag 11 April hul harte vir die leerders van Berzelia Primêr oopgemaak.

Dié twee organisasies het 12 paar sokkies en skoolskoene aan leerders wat dit nodig het oorhandig.

Volgens Charlton Keesh, voorsitter van die Radio Atlantis-bestuur, is dit ’n móét vir die stasie dat daar na die plaaslike gemeenskap uitgereik word.

Hy het die leerders bemoedig dat die stasie self nie baie het nie, maar om die bietjie te deel, sal meer waardeer word.

Die skoolhoof, Apollis Sedeman, het die gebaar opreg waardeer en het die leerders gevra om dit ook te waardeer.

Volgens Nikki Pretorius, van die radiobestuurspan, is die oorhandiging net die begin van die stasie se uitreik­program en sal daar binnekort nog baie kinders deur die radiostasie bederf word. Pretorius meen mense besef nie hoe moeilik dit finansieel by die radio­stasie is nie, maar sy glo dat die oorhandiging van die skoene net goed vir hulle sal wees. “Ons deel graag met diegene wat in dieselfde bootjie as ons is,” het Pretorius gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.