Radiostasie met hart bring verligting vir gemeenskap

Die bestuursraad van Radio Atlantis het Vrydag 12 Oktober altesaam 20 kospak­kies aan behoeftige plaaslike families oorhandig.


Die bestuursraad van Radio Atlantis het Vrydag 12 Oktober altesaam 20 kospak­kies aan behoeftige plaaslike families oorhandig.

Hierdie kospakkies was toegeken aan die radiostasie deur die Milnerton-klusterpolisiëringsforum in samewer­king met die Chinese konsulaat.

Ondervoorsitter van die polisiëringsforum, pastoor Charlton Keesch, het namens die raad sy dank betuig vir hierdie skenking en het ook die families bemoedig om positief te bly ongeag die uitdagings wat hulle op ’n daaglikse basis ervaar.

Hy beaam ook dat die bestuursraad die beeld van die radiostasie wil verbeter en verseker dat die gemeenskap ’n groot rol het om te vervul om sodoende ’n ope en verantwoordbare samelewing daar te stel.

You need to be Logged In to leave a comment.