Ringbalspelers slaag in hul doel

“Ringbal is besig om sy reg­ma­tige plek in Atlantis te neem.”.


“Ringbal is besig om sy reg­ma­tige plek in Atlantis te neem.”

Só het die stigter van die Atlantis-ringbalklub, Johan van der Berg, by ’n plegtigheid gesê.

Die Atlantis-ringbalklub het Dinsdag 17 September WP-klere aan meer as 48 primêre leer­ders van Grosvenor, Protea Park, Wesfleur en Reygersdal by die Atlantis veeldoelige sportsentrum oorhandig.

Dié groep het Saterdag 21 September na Pretoria vertrek om die Wes-Kaap in ’n nasionale skole-ringbaltoernooi te verteenwoordig. Dié toernooi, bekend as Camp Discovery, bestaan uit ongeveer 100 skole wat oor vyf dae teen mekaar gaan meeding.

Volgens Van der Berg het hy ringbal in 2015 aan leerders van Saxonsea Primêr bekend gestel. Die sport was gou gewild onder leerders by die skool en in 2016 is die klub amptelik gestig.

Ringbal is daarna aan ander skole bekend gestel en het gou gegroei. “Danksy die sport leer ek ook die kinders leierseien­skappe, lewensvaardighede en dissipline en die belangrikste is om hulle van die strate te hou,” verduidelik Van der Berg.

Dié kranige ringbalspeler het sy liefde vir die sport in sy studentedae ontwikkel en deel sy kennis van die sport graag met ander. Van der Berg, ’n entrepreneur, se maatskappy Grace Staffing, ’n werwings­agentskap, is een van die groot borge van die span en sê hy ondersteun ook graag leerders finansieel wat hul opvoeding ernstig opneem en presteer in die sport.

Belangstellendes kan Wynand Zaayman by 083 655 9009 bel of stuur ’n e-pos aan Johan van der Berg by johan@gracestaffing.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.