Andrew Murphy Roberts is amptelik van 1 Junie as Weskus Nuus se verslaggewer aangestel.
Roberts neem by Joline van der Merwe oor wat sedert 1 Desember as redakteur van Weskus Media, wat Weslander en Weskus Nuus insluit, aangestel is.
Weskus Nuus is deel van die Boland Media-groep, wat deur Media24 besit word. Die 48-jarige Roberts is ’n boorling van Mamre, maar het op driejarige ouderdom na St. Helenabaai in die Weskus getrek waar hy grootgeword het. Hy is reeds baie jare by die koerant betrokke en het ook vir Die Son en Swartland Gazette geskryf.
Sy stokperdjies sluit in gholf speel en rugby kyk. Hy eksperimenteer ook graag met nuwe geregte in die kombuis.
“Murphy het ’n goeie aanvoeling vir nuus en is passievol oor die Atlantis-gemeenskap en dus was hy die geskikte kandidaat vir die pos,” het Van der Merwe gesê. Kontak Roberts met enige nuuswenke by 021 572 9090 of stuur ’n e-pos na Murphy.Roberts@media24.com.