Robinvale-dramagroep wen goud

Hoërskool Robinvale se dramagroep het die afgelope tyd verskeie toekennings ontvang vir hul produksie van Zulfah Otto Salies se Diekie van die Bo-Kaap.


Hoërskool Robinvale se dramagroep het die afgelope tyd verskeie toekennings ontvang vir hul produksie van Zulfah Otto Salies se Diekie van die Bo-Kaap.

Die voorgeskrewe boek vertel die hedendaagse liefdesverhaal van Diekie en Ice, soos dié van Romeo en Juliet, maar dit speel in die Bo-Kaap af.

Die dramagroep is die wenners van onder meer die beste produksie by die Hessequa-fees wat op 14 Oktober in Heidelberg gehou is.

Vir dieselfde produksie het die groep ook met die louere weggestap vir beste aktrise (Abigail Williams), beste akteur (Shaan Chalmers), beste byspeler (Kerishna Daniels) asook beste regisseur (Nardene Lottering) en beste tegniese versorging (Keith Jacobs en Jan Braaf vir beligting).

Die regisseur en onderwyser by Robinvale, Nardene Lottering, sê die groep het lang ure geoefen om die produksie ’n sukses te maak.

“Ons het drie maande lank tot soms 02:00 aan die toneelstuk geoefen.”

Hulle het teen 14 ander skole van regoor die Wes-Kaap meegeding.

Ander pryse wat die groep gewen het, sluit in brons by die ATKV Tienertoneel- fees wat einde Augustus gehou is.

You need to be Logged In to leave a comment.