Robinvale vereer sport- en kultuuruitblinkers

’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.


’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.

Hoërskool Robinvale het Sondag (19 November) sy leerders vir deelname aan sport en kultuur vereer.

Volgens Vaugh Murray, skoolhoof, was dit ’n eerste vir die skool dat alle sportkodes se toppresteerders vereer word en hoop hulle om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

Roy-Keane du Plessis het skoonskip gemaak in die seunsafdeling en is ook as die skool se Sportman van die Jaar, Sokkerspeler van die Jaar en Beste o. 15-sokkerspeler aangewys. Du Plessis was deel van Copa se nasionale o. 15-sokkerspan, wat in September aan die Afrikabekertoernooi in Durban deelgeneem het.

Connor-Lee Witbooi het die meisiesafdeling oorheers en is as die skool se Beste Meisies­rugbyspeler en Sportvrou van die Jaar vereer. Witbooi was ook deel van die nasionale o. 18-meisiesrugbyoefengroep.

Ander leerders wat vereer is, is: Alzaan Jacobs (Beste Aktrise), Augusta Phillips (Beste Vroulike Atleet), Conroy Thomas (Beste Manlike Atleet), Re-Andrea Arendse (Beste Netbalspeler), Anele Maseti (Beste Skaakspeler), Dillon Liedeman (Beste Krieketspeler), Byron Snyders (Beste Rugbyspeler), Astrid Kapank en Liebshen Rossouw (Beste Vlugbalspelers).

You need to be Logged In to leave a comment.