Robinvale verloor in finaal, maar speler wys talent

Robinvale Sekondêr se o.15-sokkerspan het Saterdag 10 Junie op die Robinvale-sportveld in die finaal van die provinsiale Copa Coca Cola-kampioenskap teen Bastiaanse Sekondêr van Beaufort-Wes met 1-2 vasgeval. Robinvale, wat die toernooi op ’n lae noo


Robinvale Sekondêr se o.15-sokkerspan het Saterdag 10 Junie op die Robinvale-sportveld in die finaal van die provinsiale Copa Coca Cola-kampioenskap teen Bastiaanse Sekondêr van Beaufort-Wes met 1-2 vasgeval. Robinvale, wat die toernooi op ’n lae noot begin het, het sy eerste wedstryd teen Ihlomelo van Stellenbosch verloor.

Die span van Stellenbosch is egter gediskwalifiseer omdat hulle papierwerk nie voldoende was nie, dit het die agterdeur op ’n skrefie oopgelaat vir die gasheerspan om verder te vorder.

Die tuisspan het nie teleurgestel nie en sy volgende wedstryd teen Imizamo Yethu van George met 3-2 gewen, na skoppe van die strafmerk die wenner moes bepaal nadat die wedstryd met een elk geëindig het.

Die Bastiaanse het die dag onoorwonne afgesluit en gaan die Wes-Kaap in die nasionale toernooi in Boemfontein op 28 September verteenwoordig. Robinvale se doelskieter Roy-Keane du Plessis, wat ook Speler van die Toernooi was, is in die Coca Cola Dream Team opgeneem, wat teen die nasionale kampioen gaan speel.

You need to be Logged In to leave a comment.