Atlantis se rugbyklub het Saterdag 18 Mei sy nuwe ontwikkelings-program bekend gestel.
Volgens Anthea Jansen, spanbestuurder van die klub, sal ’n skolerugbywedstryd voortaan elke tweede Saterdag plaasvind.
Jansen sê die program sal afgewissel word tussen plaaslike laer- en hoërskole.
Sy sê die doel van die ontwikkelingsprogram is sodat rugby as sport weer sy “regmatige plek in Atlantis” inneem.
Die klub beoog om vir Jeugdag ’n toernooi op die Proteapark-sportterrein aan te bied, sê Jansen.
Agt laerskole en die vier hoërskole sal dié dag in aksie te sien wees..