Oudrugbyspelers het hul tyd opgeoffer om jong rugbyspelers vaardighede aan te leer.Foto: Murphy Roberts


Rugby in Atlantis is ongesond en nou is die tyd om iets daaraan te doen.

Sò sê Johannes Herman en Shannon Mahoney, twee oudspelers van die eens toprugbyklub in Atlantis.

Die twee het ander oudspelers van die klub betrek en Saterdag 18 Februarie ’n rugbykliniek vir o.9- en o.13-spelers by die Protea Park-sportveld aangebied.

“Jong spelers is die basiese beginsels van rugby geleer en ons beplan om meer skole in die nabye toekoms te betrek,” verduidelik Herman.

Die oudspelers meen skole-rugby moet op Saterdae gespeel word, sodat ouers wat werk ook hulle kinders kan kom ondersteun.

Mahoney, wat betrokke is by die afrigting van Atlantis-rugbyklub, sê hy hoop dat die klub ook betrokke sal raak by die projek, “want hulle gaan die voordeel hiervan geniet”.

Die ongeveer 40 kinders wat die kliniek bygewoon het sê hulle sien reeds uit na die volgende kliniek.

You need to be Logged In to leave a comment.