Saxonsea Primêr se prefekte vir 2017 het op 27 en 28 Januarie het die groep ’n werksessie by die skool gehad.
Die 50 prefekte is uit ’n groep van 75 gr. 6-leerders gekies, wat deur ’n onderhoudsproses moes gaan.
“Daar is 75 potensiële leiers uit die 2017 gr. 6-klas geïdentifiseer.
Elkeen moes deur ’n onderhoudproses met die prefekte-komitee, wat uit onderwysers bestaan, gaan,” verduidelik Deliah Magaries, onderwyser en organiseerder van die werkssessie.
Charlton Niewoudt, van Langebaan, het die leerders die Vrydagaand toegespreek en ’n werkssessie aangebied oor wat dit vir jongmense behels om in vandag se lewe ’n leier te wees.
Roberto van Reenen, van Mamre, het ’n spanbousessie met die jongspan gedoen, terwyl Clint Smith hulle gewys het hoe mense mekaar nodig het om suksesvol te wees deur ’n skattejag te reël.
Maandag 30 Januarie is die 50 prefekte se ouers uitgenooi na die balkieseremonie.
“Tydens die seremonie het hulle die voorreg gehad het om self hul kinders se balkie aan hul bors te steek,” sê Magaries.