Skielike dood laat leemte in die gemeenskap

Shareen Hart (54) bestuurder van die Atlantis Volwasse Onderwyssentrum (AVOS) is Maandag 11 Junie skielik aan ’n hartaanval dood.


Shareen Hart (54) bestuurder van die Atlantis Volwasse Onderwyssentrum (AVOS) is Maandag 11 Junie skielik aan ’n hartaanval dood.

Shareen, ’n bekende in die dorp, was vir meer as twee dekades by die sentrum betrokke en het diep spore in die gemeenskap getrap.

Haar dood laat ’n groot leemte in die gemeenskap meen roubeklaers wat Woensdag 13 Junie haar roudiens by Parkview Primêr se skoolsaal bygewoon het.

Volgens Shareen se man, Horatio Hart, was sy ’n streng moeder vir haar drie dogters en die steunpilaar vir die hele familie.

“Shareen se gasvryheid was een van haar kenmerke en sy was baie lief om haar studente eerste te stel en het nooit gehuiwer om vir enige leerder oor die jare geleenthede te skep nie,” sê Horatio.

“Sy het nie gehuiwer om haar voet neer te sit teenoor haar mede-onderwysers asook leerders nie en was baie gewild onder die leerders,” meen John Wagenstroom, wat tyd tot tyd by dié sentrum uitgehelp het.

Shareen is Saterdag 16 Junie in Malmesbury ter ruste gelê.

You need to be Logged In to leave a comment.