Krieket in Atlantis het baie afgeneem en is vinnig besig om in dié dorp “uit te sterf”.
Só reken Kurt Julius.
Julius en Atlantis-krieketklub het besluit om ’n skoleliga te begin en ses skole is reeds deel van dié program om krieket in die dorp weer op koers te kry.
Hermes, Saxonsea, Grosvenor, Mamre, Reygersdal, en Kerria Primêre sal mekaar in twee groepe in ’n T10-formaat aanvat.
“Hierna sal die toptwee spanne in die eindstryd teen mekaar speel,” sê Julius.
Hermes en Grosvenor het mekaar in die eerste wedstryd Woensdag 7 November die stryd aangesê wat Grosvenor Daredevils met nege lopies gewen het. Grosvenor het eerste gekolf en het 58/6 in sy toegelate tien boulbeurte aangeteken, waarna hy Hermes tot 49/4 beperk het. Volgens Julius wil hy graag al die streek se skole by die sport betrokke hê.