Skool se netbal en sokker blink by toernooie uit

Die o.13-netbalspan van Saxonsea Primêr het naam by die onlangse nasionale topskole-netbaltoernooi in Bloemfontein gemaak.


Die o.13-netbalspan van Saxonsea Primêr het naam by die onlangse nasionale topskole-netbaltoernooi in Bloemfontein gemaak.

Saxonsea is vooraf as die wenspan van die Wes-Kaap gekroon en het tussen 26 en Sondag 29 Julie aan dié toernooi deelgeneem.

Die span het ses van sy agt wed­stryd­e by die toernooi gewen.

Die netbalspan het egter naelskraap in die halfeindronde verloor.

Volgens Gary Markus, waarnemende skoolhoof, het die span baie goed gevaar en die dorp en die skool se naam hoog gehou.

“Hulle is dan amptelik gekroon as die vierde beste span in die land. Almal is dit eens dat hulle trots op die meisies is,” sê Markus.

Die skool se o.12-sokkerspan het onlangs op Saterdag 6 Augustus op sy beurt aan die Kaapse Sasfa-uitkloptoernooi in Steenberg deelgeneem.

Die span was in die topvier van die toernooi, maar moes met strafskoppe die knie buig teen die uiteindelike wenners van Nyanga.

Hy het nogtans in die uitspeel­wedstryd maklik met 3-0 geseëvier en sodoende die bronsmedalje verower. Die manne is op sy beurt die derde beste o.12-span in Sasfa Kaapstad.

You need to be Logged In to leave a comment.