Die Tajoodien-familie daag alle gemeenskapsorganisasies, kerke en individue uit om betrokke te raak by hul skoolskoene vir liefdadigheidprojek.
Die doel van die projek is om teen 15 Maart 600 pare skoolskoene en sokkies vir minderbevoorregte kinders in te samel.
Koste vir die 600 paar skoene en sokkies beloop ongeveer R58 000, waarvan die Tajoodien’s reeds R5 000 geskenk het. Nog ’n donateur (meneer Liedeman) het ook reeds R3 000 aan die projek geskenk.
“Ons benodig dus nog R50 000. Ek vra nou vir almal wat omgee groot asseblief om my te help om ons kinders te skoen en te kous,” sê Abdul Tajoodien, besigheidsman en klustervoorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum.
Sluitingsdatum vir donasies is 15 Maart. Jy kan die donasie direk by Tajoodien betaal (jy sal ’n kwitansie ontvang) of by die naaste Nedbanktak. Rekeningnommer: 1141380552 Takkode: 126621, Verwysing: jou naam en van.