Skoolskoene en sokkies-projek

Die Milnerton-kluster se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), nooi alle gemeenskapsorganisasies, kerke en individue uit om betrokke te raak by hul skoolskoene en kouse vir liefdadigheidsprojek.


Die Milnerton-kluster se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), nooi alle gemeenskapsorganisasies, kerke en individue uit om betrokke te raak by hul skoolskoene en kouse vir liefdadigheidsprojek.

Die doel van die projek is om teen 15 Maart 600 pare skoolskoene en sokkies vir minderbevoorregte kinders in te samel.

Talle kinders in Atlantis, Mamre, Pella, Witsand en omliggende gebiede loop met stukkende skoene en geen sokkies skool toe. Hulle word geboelie en besluit soms om skool te los,” verduidelik Abdul Tajoodien, besigheidsman en GPF-voorsitter vir die kluster.

Koste vir die 600 paar skoene en sokkies beloop ongeveer R58 000,

Skoolskoene (verkieslik Buccaneers, wat langer hou) en sokkies kan by Shah Zah in Mamre afgelaai word of by Weskus Nuus se kantore in Markstraat, Atlantis.

Die skoene en sokkies sal voor die winter aan die leerders oorhandig word.

Geldelike donasies kan voor 15 Maart direk by Nedbank inbetaal word. Elke donateur sal ’n kwitansie ontvang. Nedbanktak. Rekeningnommer: 1141380552 Takkode: 126621, Verwysing: jou naam en van.

You need to be Logged In to leave a comment.