Die gewilde Mej. Weskus Nuus-skoonheidskompetisie keer dié jaar terug na ’n afwesigheid van byna drie jaar.
Die span beloof om dié skoonheidskompetisie weer een van die grootstes in die omgewing te maak.
Met groot pryse op die spel, moet jy nie dié geleentheid misloop nie.
Die eerste ronde vind Vrydag 26 Oktober in die saal van Protea Park Primêre skool plaas met die laaste ronde wat 30 November ook in dié saal sal plaasvind.
Oefening vir die kompetisie sal 2 Oktober begin.
Deelnemers wat nog nie hul inskrywingsvorms voltooi en terug besorg het nie, moet vinnig maak!
Hoe om in te skryf?
Kry ’n inskrywingsvorm by Weskus Nuus se kantoor by die Dollies-sentrum in Markstraat. Voltooi en bring terug met ’n foto van jouself voor Sondag 30 September. Voltooide vorms kan ook by Radio Atlantis afgelewer word. Inskrywingsgeld is R20.
Bel Weskus Nuus se kantoor by 021 572 9090 of 021 572 7914 vir nog inligting.