Skoonheidskompetisie gehou

Inwoners van die bendegeteisterde Proteapark sê hulle weet dat bendes altyd daar sal wees, maar hulle gaan nie stilsit en kyk hoe jongmense hul lewe vernietig nie.


Inwoners van die bendegeteisterde Proteapark sê hulle weet dat bendes altyd daar sal wees, maar hulle gaan nie stilsit en kyk hoe jongmense hul lewe vernietig nie.

Die groep inwoners het Saterdag 21 April besluit om ’n straatskoonheids­kompetisie te hou. Volgens hulle is dit die eerste projek om kinders weg van bendes te hou. Volgens die ambassadeur van dié groep, Marelise Pedro, wat in 2016 as Mej. Sactwu Wes-Kaap gekroon is, is dit beslis die regte platform wat hulle vir die jeug skep om in hulself te kan glo.

Sy sê die groep het heelwat planne om die jongspan van die strate af te hou. Die volgende geselligheid is vir die jongmanne, maar sy wou nie te veel verklap nie.

You need to be Logged In to leave a comment.