Die Langebaan-atletiekklub bied op Saterdag 23 Augustus ‘n halfmarathon aan.
Deelnemers kan kies om die 5-km-, 10-km- of 21-km-wedloop aan te pak.
Alle atlete is welkom om deel te neem, maar moet volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek hardloop.
Deelnemers aan die 21-km-wedloop spring om 07:00 weg, in die 10-km-wedloop om 07:30 en die 5-km-wedloop begin om 08:00. Die prysuitdeling vind omstreeks 10:30 plaas.
Die inskrywingsfooie: Vir die half- marathon beloop dit R190 vir gelisensieerde atlete en R275 vir ongelisensieerd (sluit ‘n tydelike lisensie van R85 in). Deelname aan die 10-km-wedloop kos R110 gelisensieerd en R170 ongelisensieerd (sluit ‘n tydelike lisensie in; seniors betaal R60 en juniors R40). Deelname aan die 5-km-wedloop slegs R40.
Inskrywings sluit Sondag 10 Augustus.
Besoek entryninja.com om in te skryf.
• Skakel of WhatsApp Christopher Rodgers, die wedloopdirekteur, by 073 232 0046 of stuur e-pos aan hom by chrodgers1@gmail.com vir nog inligting.


