Skrywer Sophia Kapp besoek Atlantis

Die bekende skrywer, Sophia Kapp, het Atlantis besoek op 12 Mei waar sy met lede van die ATKV-Leesklub gesels het.


Die bekende skrywer, Sophia Kapp, het Atlantis besoek op 12 Mei waar sy met lede van die ATKV-Leesklub gesels het.

Sophia het oor haar boek, Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva, wat deur LAPA-uitgewers uitgegee is, gesels en oor haar werk by die Virtuele instituut vir Afrikaans (VivA).

VivA is daarop gemik om jongmense te help met Afrikaans. Dit is heeltemal gratis. Enige een kan dit gebruik.

VivA se taalhulp is te kry by die webruimte viva-afrikaans.org en is ook te kry op ’n App vir jou iPhone.

Die webruimte kan by enige rekenaar gevind word wat aan die internet gekoppel is, soos by ’n biblioteek.

Enige iemand wat taalhulp nodig het, kan die webruimte besoek, of hulle kan die app aflaai op ’n selfoon.

Enige iemand wat in taal belangstel, kan ook gerus varsgebek.org besoek.

Pryse ter waarde van duisende rande (insluitend tablette, selfone, boeke en geskenkbewyse) kan elke maand in elk van die kategorieë gewen word. Die wenner van die skolekompetisie slaan ’n studiebeurs van R150 000 los vir verdere studie in enige studierigting by enige naskoolse opleidingsinstansie van sy/haar keuse. Hierdie beurs word geborg deur die Atterbury Trust.

You need to be Logged In to leave a comment.