Die ligavoorloper, Wesfleur, het Saterdag 8 Julie op die Robinvale-sportveld die glorie met Atlantis Arsenal in ’n gelykoptelling van drie elk gedeel.
Die span van Witsand (Arsenal) het teruggeveg om sake gelykop te maak.
Jomos Power het die nuwelinge Pella Sporting met 6-2 verniel en nog ’n span van Witsand, FC Bayern het Chatsworth Rising Stars met 6-1 geklop.
Aberdeen het sy derbywedstryd teen Alantis Leeds United met 2-1 gewen terwyl Atlantis City die ander nuwelinge, Parklands, met 3-1 geklop het.
Die Eerste Liga-uitslae vir Saterdag 8 Julie was:
Wesfleur 3, Atlantis City 2; Robinvale Spurs 3, Jomos Power 1; Aberdeen 3, Pella Sporting 0; Robinvale Spurs A 2, Chatsworth Rising Stars 0; FC Bayern 2, Atlantis Leeds United 0.