Spelers moes sweet vir wen

Die vonke het behoorlik gespat in die plaaslike Premier-sokkerliga nadat Jomo Powers Saterdag sy onoorwonne rekord in die Atlantis-premiersokkerliga behou het, nadat hy gelykop gespeel het met twee elk teen Arsenal.


Die vonke het behoorlik gespat in die plaaslike Premier-sokkerliga nadat Jomo Powers Saterdag sy onoorwonne rekord in die Atlantis-premiersokkerliga behou het, nadat hy gelykop gespeel het met twee elk teen Arsenal.

Arsenal, wat tans die laaste plek beklee, het die voorlopers behoorlik laat sweet vir die uitslag en dit is beslis slegte nuus vir Jomos-ondersteuners.

Die gelykopuitslag vir die blou truie is beslis goeie nuus vir die span van Robinvale Spurs wat tans in die tweede plek is. Robinvale het met sy oorwinning van 4-3 oor Atlantis City die gaping tussen die twee spanne tot drie punte laat krimp en blaas baie hard in Jomos se nek.

Aberdeen het met sy oorwinning van 4-3 oor Atlantis Leeds vir eers die derde plek ingeneem. In die eerste liga raak dinge ook lekker warm.

Darling het ’n goeie oorwinning van 3-2 oor Jomos behaal terwyl Robinvale met 3-2 baas was oor Atlantis City. Die begeesterde Leeds het Pella Sporting met 2-1 geklop om die pas aan te gee in die eerste liga.

In die o.16-uitklopwedstryde het Jomes die span van Aberdeen met 2-1 uitgeskakel terwyl Robinvale met 3-2 baas van City was.

Pella se jongspan het Arsenal met 2-0 geklop vir ’n plek in die volgende ronde.

You need to be Logged In to leave a comment.