Spog met gehaltediens

Atlantic Oil verskaf die afgelope twee jaar reeds net die beste diens aan kliënte in Atlantis.


Atlantic Oil verskaf die afgelope twee jaar reeds net die beste diens aan kliënte in Atlantis.

Só sê Michael Janse van Rensburg, bestuurder van die dienssentrum in die nywerheidsgebied.

“Met die goedkoopste gas- en diesel­pryse hier rond gaan jy sukkel om dit goedkoper op ’n ander plek te kry,” vertel hy trots.

Met hul dienssentrum wat ook op dreef is, doen hulle basies alles op jou motor of vragmotor – van olie aftap tot die oorbou van ’n enjin.

Jy hoef nie ver te gaan soek om jou motor of vragmotor te versien nie.

Volgens Janse van Rensburg is die wagperiode vir ’n standaarddiens twee uur en versien hulle enige fabrikaat teen die beste pryse en het hulle ook ’n kredietfasiliteit beskikbaar.

“Atlantic Oil, wat by die ou Atlantis Toyota-perseel geleë is, se vulstasie is weeksdae van 06:00 tot 22:00 oop en naweke is ons van 07:00 tot 19:00 oop en ons hoop om in die nabye toekoms 24-uur-diens te lewer,” sê Janse van Rensburg.

Met van die beste olies en smeermiddels teen die goedkoopste pryse, is dit moeilik om verby Atlantic Oil se perseel te ry.

You need to be Logged In to leave a comment.