Sr. Marge verpleeg al 40 jaar

As deel van Verpleegsterdag-vieringe het Weskus Nuus met Suster Marge October gesels:.


As deel van Verpleegsterdag-vieringe het Weskus Nuus met Suster Marge October gesels:

Hoe lank is u al ’n verpleegster?

“Ek het in April 1973 as ’n studenteverpleegster by die Tygerberg-hospitaal begin waar ek my praktiese opleiding gedoen het. Ek het in 1980 Caledon toe verhuis om daar as verpleegster by die plaaslike kliniek te werk.”

Hoekom het u ’n verpleegster geword?

“As kleuter was ek lief om poppe se bene met lap toe te draai en my ouma het altyd gesê ek gaan eendag ’n verpleegster word. Ek dink dit loop in ons gene, want uit ons familie het reeds ses verpleegsters gekom.”

Wat weet mense nie van die professie nie?

“Dit is soms dikwels ’n ondankbare werk, maar dis tog ’n liefdevolle werk. Baie verpleegsters sal uit hul pad vir hul pasiënte gaan en nie omgee om daardie ekstra myl te stap nie.”

Wat is die mees uitdagende deel van die werk?

“Om ’n lewe te red en ’n geboorte te hanteer.”

Wat is die beste deel van u werk as verpleegster?

“Om jou werk met liefde en passie te doen; die omgee wat daarmee gepaard gaan, en om altyd jou pasiënte eerste te stel en die gelofte wat jy afgelê het, uit te leef.”

You need to be Logged In to leave a comment.