Werkers van Atlantis Sea Food Products het Dinsdag 21 Mei begin staak oor salarisverhogings.
Volgens Alex Harrand, vakbondverteenwoordiger by die fabriek, het die byna 700 werkers gesê hulle wil ’n 20%-verhoging hê.
Harrand sê die maatskappy bied ’n “lagwekkende” 7% aan waarna werkers besluit het niemand sal hul poste hervat nie. Werkers het stompe en buitebande in die pad aan die brand gesteek en Neil Hareweg is vir twee dae gesluit.
Volgens Jampie van Aarde, tegniese bestuurder van Atlantis Foods Group, was alles teen Donderdag weer rustig toe personeel weer ingeval het.
Hy sê voorts daar was reeds ’n ooreenkoms tussen die maatskappy en die vakbond om Woensdag 29 Mei oor die lone te onderhandel.
Synde ’n ooreenkoms bereik is om die besprekings voort te sit, was die staking onwettig.
Werkers op die toneel het aan Weskus Nuus gesê hulle dra geen kennis van die onderhandelings-vergadering wat vandeesweek sal plaas vind nie. “Behalwe vir die brande in die pad, was die staking vreedsaam. Geen voorvalle van geweld opgelewer nie,” het die kapt. Ceryl Dicks, polisiewoordvoerder, bevestig..