Storm saai skade

Swaar reën en sterk wind het Dinsdagnag 22 Julie en Woensdagoggend 23 Julie vir heelwat chaos gesorg.


Swaar reën en sterk wind het Dinsdagnag 22 Julie en Woensdagoggend 23 Julie vir heelwat chaos gesorg.

Inwoners van Grosvenorlaan in Saxonsea was byna die hele dag in hul huise vasgekeer nadat die straat verspoel is. Die pad was sedert die oggend vir verkeer gesluit. Bekommerde inwoners het gesê die pad verspoel gereeld, maar dit was nog nooit so erg nie.

Munisipale werkers was vinnig op die toneel om die verstopte dreine te dreineer. In ander buurte in Atlantis het inwoners van Rotterdam- en Rozettastraat in Avondale ook gesukkel om uit hul erwe te kom nadat dié strate oorspoel is.

Munisipale werkers het bontgestaan en sterk wind het ook skade aan geboue aangerig.

Mamre se sportterrein het ook deurgeloop toe die kleedkamer se dak afgewaai het en duisende rande se skade aangerig is.

Anton Bredell, provinsiale minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die Stad se damme is danksy die goeie reënval byna 8% voller vergeleke met verlede jaar dieselfde tyd.

Bredell het ook inwoners gewaarsku teen die gure weer en sê tot 50 mm reën kan op plekke verwag word. Inwoners van informele nedersettings kan swaar getref word deur die reënval, maar die rampbestuursentrum is gereed vir oorstromings en ander ontwrigtings.

You need to be Logged In to leave a comment.