Suster groet hospitaal

Suster Olivia Pharo, een van Wesfleur-hospitaal se mees geliefde susters, groet ná 24 jaar se diens dié hopsitaal.


Suster Olivia Pharo, een van Wesfleur-hospitaal se mees geliefde susters, groet ná 24 jaar se diens dié hopsitaal.

Olivia het in 1995 eers by die plaaslike hospitaal as ’n kraamsaal-suster gewerk. Sy sê egter haar groot liefde in verpleging was om in die trauma-afdeling te werk omdat sy graag mense wou help.

Olivia se passie vir die plaaslike gemeenskap het baie wyer as net haar werkplek gestrek en sy het berading aan MIV-pasiënte gegee. Sy het ook pasiënte na ure gehelp met raad en selfs gaan besoek as hulle probleme het.

Sy is in 2005 tot assistent­verpleegbestuurder bevorder en het die pos beklee totdat sy onlangs bedank het.

“Ek voel ek kan nog meer vir die gemeenskap doen wat gesondheidsorg betrek,” vertel sy.

Olivia het besluit om nou eerder die gemeenskap van buite te help wat redelik maklik sal wees meen die vriendelike suster met ’n hart van goud.

Oliva het aan Weskus Nuus verklap sy gaan glad nie ledig by die huis sit nie en het die koerant verseker dat die gemeenskap steeds op haar kan staatmaak.

You need to be Logged In to leave a comment.