Atlantis-ondernemings ploeg terug in die gemeenskap deur die Hope@Atlantis-projek.
Die projek is ’n inisiatief van die Atlantis Industriële Inisiatief (AII) en word deur die Universiteit Stellenbosch (US) bestuur en bedryf met ten doel om leerders se wiskunde- en wetenskap- vaardighede te help verbeter.
Die bestuur moedig werknemers aan om hul kinders te motiveer om betrokke te raak by die program. Die 2017-program is gedurende die April-skoolvakansie by Atlantis Sekondêr van stapel gestuur en word aangebied vir gr. 10- tot 12-leerders van al vier hoërskole in die dorp. Die Hope@Atlantis-projek word deur die AII gefinansier en word gratis aangebied. Die projek het alreeds vrugte afgewerp met 13 van 2016 se gr.12’s wat vanjaar by US studeer.
“Ons is trots om te sê ons belê in die jeug en dra by tot inisiatiewe soos hierdie om die plaaslike gemeenskap te bemagtig.
“As werkgewer is ons toegewyd om werknemers toe te rus met die nodige kennis, vaardighede, gesindheid en kenmerke om sodoende bevoegde werknemers in die onderneming te hou en te kultiveer,” sê dr. Leon Roman, bestuurder van talent en nakoming (compliance) by die Swartland Groep.