Chelsea November is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir April.Foto: Clement Trussell


Die 13-jarige Chelsea November wat tans in graad agt by Atlantis Sekondêr is, speel tans die sokkervelde aan die brand.

Dié verdediger het reeds twee keer provinsiale kleure verwerf en was ook die kaptein van die Safa- Kaapstadspan in die 2015-’16-seisoen.

Die ywerige sokkerspeler het haar provinsiale span in 2016 tot die halfeindstryd van die o.13-meisies-kampioenskappe in Durban gelei.

Chelsea is verbonde aan die Atlantis Leeds-sokkerklub.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025
    WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025