Die 13-jarige graad 7-leeder van Mamre Primêr, Zeah Jansen, is Weskus Nuus en Supersport se Let’s Play-wenner vir Augustus.
Zeah het die Westelike Provinsie vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse skoleatletiek-kampioenskap in Paarl verteenwoordig.
Die kranige stapper, wat hierdie jaar haar buiging in die item gemaak het, het by die Wes-Kaap-kampioenskap in Oudtshoorn ’n bronsmedalje in die 1 500 m los gestap. Dié podiumplek het haar ’n plek na die nasionale byeenkoms verseker waar sy die sesde plek behaal het.
Die jong atleet, wat ook in baanitems, hoogspring en spiesgooi deelneem, sal in die toekoms meer op stap konsentreer en droom reeds van Olimpiese goue medalje vir haar land.