Topleerders by Atlantis-skole vereer

Al die topleerders van al die skole in Atlantis is Donderdagaand tydens ’n spoggeleentheid vereer.


Al die topleerders van al die skole in Atlantis is Donderdagaand tydens ’n spoggeleentheid vereer.

Graad 7- en 12-leerders wat goed presteer het in die afgelope skooljaar is deur die Atlantis-skolebestuur en Progressive Principals Association (PPA) by Parkview Primêr se nuwe skoolsaal vereer.

Die PPA, wat in 2011 gestig is, beywer hul om die armste skole te ondersteun met effektiewe bestuur.

Volgens Riyaadh Najaar, voorsitter van die PPA, hou hulle ook ’n wakende ogie oor die beleidmakers en besluitnemers by die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

“Ons strewe om leerders en opvoeders bewus te maak van die sosio-ekonomiese omstandighede in hul areas en opleiding en inligting om dit te hanteer is hoog op ons agenda.

Die PPA het tans 100 lede en Atlantis-skoolhoofde hoop om binnekort deel van die organisasie te wees. Tydens die geleentheid, wat deur talle hooggeplaaste gaste bywoon is, het die organisasie beurse ter waarde van R1 000 per leerder toegeken. Primêre skole se top gr. 7-leerders en hoërskole se top gr. 12-leerders is vereer. Volgens Allen Meyer, waarnemende direkteur van onderwys vir die Metro-noord distrik, is dit ’n riem onder die hart om te sien hoe organisasies en besighede terugploeg in die leiers van more.

You need to be Logged In to leave a comment.