Jomos Power het Saterdag 18 Maart met 1-0 verloor teen Atlantic National op die Portugese veld in Brooklyn.
Die tuisspan is nou beslis een van die agterosse op ABC Motsepe-liga punteleer. Hierdie keer was die Blou Duiwels se doelskieters skitterend op dreef, maar uitstekende verdediging deur die opposisie het hulle in hul spore gestuit.
Atlantic National het verskeie kanse deur Jomos gekeer en het 15 minute voor die eindfluitjie die wendoel aangeteken.
Dinsdag 21 Maart het Jomos se treurmare voortgegaan toe nog ’n agteros Cultural Roots hom behoorlik met 4-1 op hul tuisveld geklop het. Twee weke gelede het die einste Jomos Power hulle geklop.
Saterdag 25 Maart speel die Blou Duiwels in Glendene en 1 April tuis op Saxonsea teen Glendene.