Twee moorde in twee dae

Na ’n stil paar weke en die vooruitsigte van ’n rustige Kersfees het bendegeweld skielik weer opgevlam in Atlantis.


Na ’n stil paar weke en die vooruitsigte van ’n rustige Kersfees het bendegeweld skielik weer opgevlam in Atlantis.

Sondagoggend 11 Desember omstreeks 05:00, is Dillon Booysen (24) in Malgasstraat, Robinvale doodgeskiet.

Volgens kapt. Cyril Dicks, Atlantis-polisiewoordvoerder, is die oorledene verskeie keer in die gesig en kop getref en het hy op die toneel aan sy skietwonde beswyk.

Maandagaand omstreeks 22:00 is Brentley Pylman (20)in Beekbergstraat, Beacon Hill doodgeskiet. Pylman is na bewering lid van ’n bendegroep en sou volgens ’n polisiebron vir klagte wat verband hou met die Wet Op Voorkoming Van Georganiseerde Misdaad (POCA-wet) ondersoek word.

Volgens kapt. Dicks het Pylman aan ’n enkele kopskoot gesterf.

Niemand is teen druktyd in verband met die twee moorde in hegtenis geneem nie.

  • Een van drie verdagtes in die moord op Brayden Graaf (2) is onlangs borgtog toegestaan. Volgens Dicks kon die verdagte nie verbind word met die moord nie, omdat talle persone hom gesien het by ’n funksie in die Kaap.

Graaf het gesterf nadat ’n dwaalkoeël hom getref het waar hy op sy ma se skoot in Bablers Place gesit het.

Die moord het inwoners geruk en gemeenskapslede het met omtrent elke hofverskyning met plakkate buite die hof betoog.

Die ander twee verdagtes, waarvan die een intussen verjaar en nou ’n volwassene is, sal tot 11 Januarie moet wag om hul lot te hoor.

You need to be Logged In to leave a comment.