Inbrekers het ’n kleuterskool in Mamre ’n gevoelige slag toegedien toe al die skool se kookpotte gesteel en vir die skrootwerf platgekap is.
Die dief van Mamre is met die platgekapte potte in sy besit betrap toe twee oplettende polisiebeamptes op patrollie hom met sy buit in Mamre betrap het.
Dit is steeds onbekend of die skurk alleen was en gerugte dat hy makkers gehad het, kon nie deur die polisie bevestig word nie. Inbrekers het ook ’n bekende haarsalon rot en kaal gestroop nadat hulle op Candice Haarsalon toegeslaan het.
“Die salon naby die taxi-staanplek het skade van byna R70 000 gely,” sê die eienaar, Candice Rooks
Volgens Kapt. Cyril Dicks, ’n woordvoerder van die Atlantis-polisie, het die inbreker(s) toegang tot die salon verkry deur die agterdeur oop te breek. Een verdagte is in verband met dié voorval aangekeer. Beide verdagtes verskyn eersdaags in die hof.