Twee mans verskyn weer môre (20 Desember) in die Atlantis-landdroshof op aanklag van moord op Clint Smith in 2013.
“Dit voel soos ’n sweer wat oopgebars het,” is hoe familielede van Smith op die nuus gereageer het. Die twee is glo leiersfigure van ’n gerugte bendegroep – die een verdagte van Elsiesrivier is by sy huis in hegtenis geneem, terwyl die tweede verdagte (van Atlantis) by die hof aangekeer is, toe hy verskyn het op ’n ander klag.
Smith is in Maart 2013 wreed vermoor. Weskus Nuus het destyds berig dat hy 254 keer met ’n skerp voorwerp gesteek is. Sy liggaam was teen die pad, naby Bush Pub, buite Atlantis gevind. Die twee doen tans aansoek vir borgtog. Die verrigtinge word in kamera gedoen.




