Inwoners van Mamre luister na die Stad Kaapstad se uitvoerende burgemeester, Dan Plato, by ’n vergadering Dinsdag 11 September.Foto: Murphy Roberts


Kry julle huis in orde!

Só het die burgemeester, Dan Plato, aan meer as 500 in­wo­ners gesê. Plato het as deel van sy uitreikprogram die dorp 11 September besoek en na die klagtes oor behuising geluister.

“Die Stad kan nie met klomp verskil­lende organisasies praat nie,” het Plato beklemtoon. Hy het ook die gemeenskaps-organi­sa­sies aangemoedig om uit een mond te praat. Die Mamre-inwonersvereniging, wat die inwoners verteen­woordig, en die Mamre-vereniging vir ge­meenskaplike eiendom, wat die grond bestuur, is tans in ’n tweestryd gewikkel oor die behuisings-kwessie. Plato sê hy verstaan mense se frustrasies, maar die Stad kan niks op private grond doen nie en het aanbe­veel dat daar dringend met die organisasies en die Stad se regsverteen­woordigers vergader moet word om kwelpunte uit die weg te ruim. By Junie se subraadvergadering is ’n mosie ingedien vir terugvoering oor ontwikkeling in Mamre. Munisipale amptenare moes glo 19 September by die raadsver­gadering terugvoering gee. Niemand het opgedaag nie. Raadslede het hul ontevre­denheid daaroor uitgespreek.

Fiona Abrahams, propor-sionele ANC-raadslid, het gesê privaat vergaderings deur raadslede met die gemeenskap moet stop en alle behuisings­kwessies moet deur die subraad hanteer word.

You need to be Logged In to leave a comment.