Die uitgawes vir onwettige storting, oorsese bande wat gesnoer word en waterwyse idees was van die besprekingspunte van Donderdag 23 Mei se subraad-vergadering.
Hierdie was van die hoogtepunte:. Onwettige storting kos die Kaapse Stadsraad jaarliks sowat R450 miljoen.. Die Stad het onlangs ’n afvaardiging uit Thailand ontvang wat na Atlantis gekom het as deel van die ontwikkeling van Atlantis se Spesiale Ekonomiese Sone.. Opgradering aan die plaaslike MyCiti-bushalte vorder goed en kantpanele sal binnekort opgerig word.. Herstel- en opgraderingswerk aan al die plaaslike woonstelle is tans aan die gang en behoort teen Junie voltooi te wees.. Alle nie-regeringsorganisasies of organisasies sonder winsbejag moet amptelik geregistreer wees om in die Hartebeeskraal- veeldoelige sentrum gehuisves kan word. Programme moet aan die nodige vereistes voldoen.. Die verslag oor die toekoms van die MyCiti-roete na Silwerstroom-strand sal binnekort beskikbaar wees.. Optrede sal teen huiseienaars geneem word wat onwettig perde aanhou.. Nuwe behuisingsprojekte in die gebied sloer aangesien amptenare sleepvoet werk het die raad gehoor.