Die raadsheer en subraad 1 se voorsitter, Cynthia Clayton, het by Donderdag 15 Augustus se subraadvergadering gesê R4 miljoen is begroot vir die opgradering van die sakekern.
Die volgende projekte moet goedgekeur word:. Die opgradering van die motorwasplek.. Ondernemingskorwe gaan opgegradeer word.. Ongeveer 50 informele handelaars gaan by die taxi-staanplek gehuisves word.. Die taxi-staanplek en ondernemingskorwe gaan omhein word.
Die Wesfleur-raadskantoor word einde of vroeg volgende jaar opgegradeer tot voordeel van almal wat van dié kantoor gebruik maak.
Pensioentrekkers van 60 en ouer wat reeds kortings ontvang, word aangemoedig om weer aansoek te doen omdat die siklus van driejaar in Junie 2019 geëindig het.. Eiendomseienaars wat minder as R6 000 per maand verdien, ongeag hul ouderdom, word ook aangemoedig om aansoek vir deernisvoordele te doen.
Inwoners wat agterstallig is, kan ook kwalifiseer vir ’n eenmalige afskrywing van 100% op voorwaarde dat ’n voorafbetaalde elektrisiteitsmeter en ’n waterbestuurtoestel geïnstalleer word – dit is gratis.
Die sperdatum vir aansoeke was 31 Augustus.
’n Mosie vir die bou van ’n kleuterskool in Pella deur proporsionele ANC-raadslid, Fiona Abrahams, is ook ingedien.